Dinsdag 10 Mei 2016

Kahoot.it toets

Gebruik jou rekenaar om die volgende skakel oop te maak:
https://play.kahoot.it/#/lobby?quizId=4929bae7-ea8e-4cde-8d11-5b415c2931ec

Gebruik dan jou selfoon om die toets te skryf. Volg die volgende link op jou selfoon, www.kahoot.it.com. Die Game Pin: 261479.
 Skryf gerus die toets om jou kennis oor die onderwerp sosio-ekonomiese kwesies te toets aan die einde van die 2 weke.

Interresante video

Hier is 'n interresante video oor sosio-ekonomiese kwessies. Kyk gerus!

https://www.youtube.com/watch?v=y7msq0kDo1U

Staptoer

Staptoer (5-10 September 2016). Hierdie staptoer is slegs vir graad 10 leerders. Daar is slegs 'n sekere aantal plekke so julle moet so gou as moontlik plek bespreek en betaal. Hierdie toer kos R700 per leerder.


Kontakbesonderhede

Ek is mevrou Caroline Visagie, julle graad 10 besigheidstudies onderwyser. Julle kan my elke dag na skool kom sien in my klas, ek sal daar wag vir 15 min na skool elke dag. My e-pos adres is lienqqq@gmail.com.

Motivering

Alle lanties moet asseblief die naweek se kultuur- en sportdag ondersteun. Ons almal staan saam en ondersteun mekaar. Ons staan saam as een!



Interskole (Hoër Landbouskool Jacobsdal vs Hoërskool Duineveld)

Interskole 14 Mei 2016 hier by on skool op Landboupark. Hoër Landbouskool Jacobsdal vs Hoërskool Duineveld.

Kultuurdag

Vrydag 13 Mei is daar 'n Kultuurdag! Alle leerders moet asseblief inskryf en deelneem. Daar is potjiekos kompetisies en kaskarwedrenne. Spanne van 5 lede per span kan inskryf vir een van hierdie aktiwiteite. Inskrywingsgelde is R10 per persoon. Daar is pryse te wen vir die wenners!